Ek is ‘n boeremeise met hart! Ek glo in ons nuwe land maar ek bly ‘n goeie Christelike meise. Ek is gebore te Kimberley en het saam met my ouers ons pragtige land ooral gan kuier. Ek het met my ouers op baie plekke gebly. Ek was op skool by Newtown in Kimberley en ek het gematrikuleer by Van Riebeeck Hoerskool in Kaapstad. Ek het my BA met engels en sielkunde en sosiologie as hoofvake by die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Daarna het ek so bietjie van die rails afgeloop en was so bietjie wild. Ek was in ‘n commune te Koster en ek het ‘n love child met een van ons beroemde cricket spelers. Moenie my verkeerd staan nie bokkies! Ek is nog steeds mal oor rugby spelers se kuite en mooi bene maar cricket spelers soos Hansie doen dit vir my! Ek is die Cultural Activist by die tydskrif DURBS magazine. Ek is so dankbaar vir die mense by DURBS magazine wat vir my die kans gegee het. Ek praat Afrikaans as moedertaal maar deesdae is ek baie verEngels want ek bly in DURBAN.!Moet net nie vergeet om my bladsy FUNNIES te laat kyk nie. Ek stuur gereeld my Koekie Nuus nuusbrief uit so teken op vir my KOEKIE Nuus op my “Koekie News” page.